Kurt-Lee Arendse
Kurt-Lee Arendse (gebore 17 Junie 1996) is 'n Suid-Afrikaanse professionele rugbyspeler vir die Suid-Afrikaanse nasionale span, waar sy gereelde posisie vleuel of heelagter is, en 'n rugbyspeler vir die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap. Hy was ook deel van Suid-Afrika se wenspan tydens die Rugbywêreldbeker 2023.
| |||||
Arendse in 2022 | |||||
Geboortedatum | 17 Junie 1996 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | Wes-Kaap, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,76 m | ||||
Massa | 76 kg | ||||
Skool | Paulus Joubert Sekondêre Skool, Paarl | ||||
Universiteit | Universiteit van Wes-Kaapland | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Vleuel, heelagter | ||||
Jeugspanne | |||||
Jare | Span | ||||
2015 2016 2017 |
Westelike Provinsie o/19 Boland o/20 Westelike Provinsie o/21 | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2020– | Blou Bulle | 12 | (20) | ||
korrek soos op 1 Augustus 2022. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2020– | Bulls | 19 | (50) | ||
korrek soos op 1 Augustus 2022. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2022–tans | Suid-Afrika | 15 | (65) | ||
korrek soos op 1 November 2023. | |||||
Nasionale Sewesspan | |||||
Jare | Land | Toernooie | |||
2019–2021 | Blitsbokke | 41 (75) |
Loopbaan
wysigArendse was op Paulus Joubert Sekondêre Skool in die Paarl, waar hy vir die Boland Kavaliers se sewesspan gekies is wat aan die 2014 SARU Onder-18 Sewes-kompetisie deelgeneem het.[1] Hy het deur rugby se jeuggeledere gevorder en in verskeie nasionale junior kompetisies gespeel — hy het vir Westelike Provinsie o/19 in die 2015 o/19 Provinsiale Kampioenskap gespeel, vir Boland o/20 in die 2016 o/20 Provinsiale Kampioenskap en vir Westelike Provinsie se o/21-span in die 2017 o/21 Provinsiale Kampioenskap.
Hy is aangewys as die MVP by die 2018 Varsitybeker-sewestoernooi,[2] en het in Desember 2018 by die Suid-Afrikaanse Rugby Sewesakademie aangesluit[2] Nadat hy vir UWK in die 2019 Varsitybeker gespeel het, is Arendse aangewys in die Blitsbokgroep vir die Vancouver Sewes,[3] en hy het sy buiging gemaak in hul 31–12 Beker-halfeindstryd oorwinning oor Fidji.[4] Hy was 'n ongebruikte plaasvervanger in die eindstryd,[5] wat Suid-Afrika gewen het en Frankryk met 21–12 geklop het.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "WP U18 Sevens Champs". Rugby365. 7 Oktober 2014. Besoek op 20 April 2019.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Player Profiles : Kurt-Lee Arendse". South African Rugby Union. Besoek op 20 April 2019.
- ↑ (en) "Davids and Arendse to join Blitzboks in Vancouver". Persberig. https://springboks.rugby/en/articles/2019/03/04/Davids-and-Arendse-to-join-Blitzboks-in-Vancouver. Besoek op 20 April 2019.
- ↑ (en) "Match Centre: Vancouver, Cup Semi Finals, Match 39". World Rugby. 10 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2021. Besoek op 19 April 2019.
- ↑ (en) "Match Centre: Vancouver, Cup Final, Match 45". World Rugby. 10 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2021. Besoek op 19 April 2019.