KwaNdebele
KwaNdebele was 'n vorige Bantoestan (tuisland) in Suid-Afrika. Die hoofstad in 1981 was KwaMhlanga. Die tuisland was geskep om Suid-Ndebelesprekende mense te huisves. Die tuisland is geskep nadat die Suid-Afrikaanse regering negentien plase van wit eienaars opgekoop het.
| |||||
| |||||
Ligging van KwaNdebele in Suid-Afrika | |||||
Hoofstad | KwaMhlanga | ||||
Taal/Tale | Suid-Ndebele | ||||
Regering | Republiek | ||||
Wetgewer | Parlement | ||||
Historiese tydperk | Apartheid | ||||
- Stigting | 1981 | ||||
- Weer ingelyf in Suid-Afrika | 27 April 1994 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1994 | 2 208 km2 853 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1994 skatting | 373 012 | ||||
Digtheid | 168,9 /km² 437,5 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Suid-Afrikaanse Rand |
Na die eerste demokratiese Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994 is die tuisland heringelyf by die Republiek van Suid-Afrika, en wel in die provinsies Gauteng en Mpumalanga.
KwaNdebele was die kleinste en jongste van die swart nasionale state van Suid-Afrika. Dit was in Transvaal geleë, noordoos van Pretoria. KwaNdebele het 'n oppervlakte van sowat 2 000 km² tussen Bronkhorstspruit in die suide, Marble Hall in die noorde en Groblersdal in die ooste beslaan. Dit het 'n bevolking van 200 000 gehad, waarvan die oorgrote meerderheid Suid-Ndebele.
KwaNdebele se gebiedsowerheid is op 7 Oktober 1977 ingestel en die staat het selfregerend geword toe ’n Wetgewende Vergadering met 46 setels in 1979 ingestel is. Mnr. Simon Skosana het tussen 1977 en 1981 as hoofminister gedien en die tydelike hoofstad was Siyabuswa.
Die Suid-Ndebele is tradisioneel 'n akkerbouvolk, en akkerbou en veeteelt was dan ook die vernaamste ekonomiese bedrywighede van die inwoners van KwaNdebele. Die gebied val in 'n streek met ’n gemiddelde jaarlikse reënval van 750 mm en is veral geskik vir die verbouing van mielies en vir beesboerdery.
Bokke is ook op betreklik groot skaal aangehou. Die Elandsrivier vloei deur die voormalige KwaNdebele, wat die ontwikkeling van 'n besproeiingskema moontlik maak. In die vroeë tagtigerjare was daar nog geen erkende nywerheidsgroeipunt binne KwaNdebele nie, maar Groblersdal was die belangrikste grensnywerheidskompleks.
Bronne
wysig- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-57-5 band
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie KwaNdebele.
- (en) "KwaNdebele". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 Junie 2019.