Lachenalia capensis
plantspesie
Lachenalia capensis is 'n meerjarige blomdraende plant en geofiet en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Kaapse Skiereiland voor. Dit het 'n voorkomsgebied van slegs 178 km2 waar daar agt tot tien subpopulasies is. Die spesie het habitat afgestaan aan stedelike ontwikkeling en indringerplante. Stedelike ontwikkeling is veral 'n bedreiging by Simonstad en Houtbaai terwyl indringerplante veral by Smitswinkelbaai en Red Hill 'n bedreiging is.
Lachenalia capensis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. capensis
|
Binomiale naam | |
Lachenalia capensis W.F.Barker, (1949)
|