Lachenalia convallarioides
plantspesie
Lachenalia convallarioides is 'n meerjarige blomdraende plant en geofiet. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en kom by Grahamstad voor. Hier is dit deel van die Suurberg-fynbos en kom op die suidelike hellings voor in 'n rotsagtige kwartsiet omgewing tot op 'n hoogte van 1800 m. Daar is een populasie van 50 plante en dit word bedreig deur indringerplante.
Lachenalia convallarioides | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. convallarioides
|
Binomiale naam | |
Lachenalia convallarioides Baker, (1870)
| |
Sinonieme | |
|