Lachenalia mathewsii
Lachenalia mathewsii is 'n meerjarige blomdraende plant en geofiet en is deel van die Saldanha strandveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Vredenburg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 2 km2 en daar is twee gefragmenteerde subpopulasies. Die spesie het 90% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en ontwikkeling. Die oorblywende plante word bedreig deur verdere ontwikkeling en landbou aktiwiteite asook indringerplante.
Lachenalia mathewsii | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. mathewsii
|
Binomiale naam | |
Lachenalia mathewsii W.F.Barker, (1931)
|