Maak hoofkeuseskerm oop

Leydsdorp is 'n verlate dorp in die oostelike Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp is 28km suidwes van Gravelotte.

Leydsdorp
Verlate hotel in Leydsdorp
Verlate hotel in Leydsdorp
Ligging van Leydsdorp op 'n kaart (Limpopo)
Leydsdorp
Leydsdorp
 Leydsdorp se ligging in Limpopo
Koördinate: 23°59′S 30°32′O / 23.983°S 30.533°O / -23.983; 30.533Koördinate: 23°59′S 30°32′O / 23.983°S 30.533°O / -23.983; 30.533
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Distrik Mopani
Munisipaliteit Ba-Phalaborwa
Stigting 1890
Regering
 - Tipe Deel van 'n Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak[1]
 - Dorp 0,79 km²  (0,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 6
 - Digtheid 8/km² (20,7/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Swart 100%
Taal (2011)[1]
 • Tsonga 100%
Poskode (strate) 0895
Poskode (posbusse) 0895
Skakelkode(s) 015

Inhoud

GeskiedenisWysig

Soos by talle ander dorpe in Suid-Afrika, het goud 'n groot rol gespeel in die stigting van die dorp. Die eerste goud is in 1870 deur Edward Button en James Sutherland ontdek. Dit was 'n kortstondige vonds. In 1883 doen Auguste Robert meer lonende ontdekkings. 'n Goudstormloop het hierop gevolg wat 'n tentdorp bekend as French Bob Se Kamp tot gevolg gehad het. In 1890 het die ZAR-regering besluit om 'n administrasie sentrum vir die kamp te stig. Die dorp is genoem na WJ Leyds, die staatsekretaris van die ZAR. Die mynbedrywighede het as die Selati-goudveld bekend geword. Die dorp het gou ook sy eie koerant, die Leydsdorp Leader, uitgegee. Die koerant het die eerste keer op 24 Augustus 1891 verskyn. Die goud het egter uitgewerk geraak en die dorp het begin wegkwyn.

BesienswaardighedeWysig

Die 'boomkroeg', 'n Kremetartboom, is welbekend op die pad tussen Gravelotte en Leydsdorp. Tot twaalf mense kon op 'n slag in die boomstam bedien word. Die Hans Merensky-natuurreservaat is in die omgewing.

Sien ookWysig

FotogaleryWysig

Leydsdorp, Limpopo
Verlate gebou in Leydsdorp  
Oorblyfsels van Leydsdorp Hotel in 2013  
Oorblyfsels van Leydsdorp Hotel in 2013  
Welkom in Leydsdorp  
Die groot Kremetartboom tussen Gravelotte en Leydsdorp  

BronneWysig