Lien se lankstaanskoene
Afrikaanse rolprent uit 2013
Lien se lankstaanskoene is 'n Afrikaanse rolprent wat op 3 Mei 2013 uitgereik is. Dit is gebaseer op die gelyknamige boek deur Derick van der Walt (ISBN 9780624046684), waarvoor hy die Sanlam-prys vir Jeuglektuur (goud) ontvang het. Die film is deur kykNET gefinansier en deur Spookasem Films vervaardig. Dit is in beide Ster-Kinekor en Nu Metro se teaters vertoon.
Lien se lankstaanskoene | |
---|---|
Regisseur | André Odendaal |
Produksieleier | Gustav Kuhn en Konrad Kuhn |
Draaiboek | Derick van der Walt (boek) Saartjie Botha (draaiboek) |
Met | Carmen Pretorius Franci Swanepoel Tiaan Kelderman Jacques Gombault |
Musiek deur | Benjamin Willem |
Kinematografie | Justus de Jager |
Redigeerder | C.A. van Aswegen |
Ateljee | Spookasem Films |
Uitgereik | 3 Mei 2013 |
Speeltyd | 94 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n drama. Dit het 'n 10-12 ouderdomsperk.
Hoofrolspelers
wysig- Carmen Pretorius as Lien Jooste
- Franci Swanepoel as Christien Jooste
- Tiaan Kelderman as Braam Jooste
- Jacques Gombault as Mnr. Jooste
- Gideon Lombard as Wouter
- Eben Groenewald as Hein
- Elize Cawood as Roos
- Fiks Mahola as Tibbey
- Marie Pentz as Bets
- Hykie Berg as ds. Gerhard
- Fredia Roux as Miemie
- Magda van Biljon as Malie
- Brian Webber as Donovan
- Johan Baird as Dirkie
- Dirk Stoltz as Sproet
- Elne Pretorius as Sally
- Carla Botha as Riekie
- Piet Beyers as Christiaan
- Angelique Pretorius as juffrou Breytenbach
Storielyn
wysigLien is die kind in 'n disfunksionele huishouding. Nadat die gesin se status van welgesteld tot brandarm verander, moet Lien uitspring om brood op die tafel te sit. Die wyse waarop sy op haar uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede met haar verlede te maak.