Litium-6
Litium-6 is 'n stabiele isotoop van litium. Dit is taamlik seldsaam.
Algemeen | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam | Litium-6 | |||||||||||||||
Protone | 3 | |||||||||||||||
Neutrone | 3 | |||||||||||||||
Kernspin | 1 | |||||||||||||||
Status | ||||||||||||||||
Status | stabiel | |||||||||||||||
Relatiewe voorkoms | 7,6% | |||||||||||||||
Neutrondiffraksie | ||||||||||||||||
koh. lengte | 2,00-0,261i fm | |||||||||||||||
inkoh. lengte | -1,89+0,26i fm | |||||||||||||||
koh. deursnee | 0,51 barn | |||||||||||||||
inkoh. deursnee | 0,46 barn | |||||||||||||||
absorpsiedeurnee[1] | 940 barn | |||||||||||||||
Navigasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Lys van isotope | ||||||||||||||||
Portaal Chemie | ||||||||||||||||
Portaal Fisika |
Nukleosintese
wysigDie relatiewe aanwesigheid van litium-6 in die heelal is in 2018 effens 'n raaisel vir die fisici. Daar is baie meer van hierdie isotoop as wat van oerknalnukleosintese verwag kan word.
Hierdie teorie verklaar die ontstaan van litium-6 deur die kernreaksie:
- 21H + 42He -> 63Li + γ
Die aanwesigheid in sterre is nogtans amper duisend maal groter as wat hierdie teorie voorspel.[2]
KMR
wysigDie kern van 63Li kan vir kernspinresonansie gebruik word. Hoewel dit 'n kwadrupool besit en hierdeur die resonansielyne verbreed word, is die kwadrupoolmoment taamlik klein. Die resonansielyne is daardeur taamlik smal. Die gevoeligheid is groot maar die isotoop is minder volop as 73Li.[3]
Verwysings
wysig- ↑ Vir neutrone met snelheid 2200 m/s
- ↑ Physicsworld 02 Sep 2014 Hamish Johnston
- ↑ Hebreeuse Universiteit van Jerusalem