Lizandra Winter
Lizandra Winter (gebore Lizandra Pretorius op 20 Februarie 1985) is 'n Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer. Sy verskyn in 2013 op die Suid-Afrikaanse musiektoneel met haar samewerking op Joshua na die Reën se debuutalbum.[1] Haar debuutenkelsnit "Fluister" was deel van die 2016 lokettreffer Vir altyd se klankbaan en daar is ook 'n verwante musiekvideo hiervan gemaak.[1] "Die begin", vanaf haar selfgetitelde debuutalbum bereik 2de plek op Lekker FM se Top 40,[2] 4de plek op Bosveld Stereo, 18de plek op IFM en Radio 94.7 FM se Top 20-trefferlyste,[3] en 20ste plek op Maroela Media se Afrikaanse Top 20 asook in die top 10 ranglyste van SFM en Bokradio.[4] Haar derde enkelsnit, 'n nuwe verwerking van legendariese skrywer Christa Steyn se "Ek wil vir jou" opgeneem as 'n duet saam met Joshua na die Reën is op 1Maart 2018 vrygestel en klim reeds die trefferparades van meer as 32 radiostasies en TV programme landswyd, onder meer "KykNet Top20".
Lizandra Winter | |
---|---|
Geboortenaam | Lizandra Pretorius |
Gebore | 20 Februarie 1985 Warmbad, Noordwes |
Genres | Stadium rock/Eksperimentele pop |
Beroep(e) | Sangeres & liedjieskrywer |
Instrumente | Stem, klavier, kitaar |
Jare aktief | 2009 - Nou |
Etikette | Jndr Musiek, Starburst Promotions |
Assosiasies | Joshua na die Reën |
Webwerf | www |
Lede | Lizandra von Hagen, Ryhno von Hagen, Mias Lotz |
Die unieke verwerking en interessante harmonië beloof om selfs die kritieste oor te beïndruk.
Biografie
wysigLizandra Winter het bekendheid verwerf in 2013 as deel van Joshua na die Reën se orkes en het ook op sy debuutalbum 'n duet saam met hom opgeneem genaamd "Soos altyd".
Haar selfgetitelde Afrikaanse debuutalbum Lizandra Winter is in Julie 2017 vrygestel en bestaan uit 13 liedjies waarvan 11 uit die sangeres se eie pen is.
Sy het 'n graad 8-musiekkwalifikasie van UNISA en het musiekopleiding in jazz, populêre musiek en uitvoerende kunste by die Tshwane Universiteit van Tegnologie ontvang.[1]
Diskografie
wysig- 2017: Lizandra Winter
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 "Die begin van groot dinge vir Lizandra Winter". Vaal Weekblad. 1 September 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 10 November 2017.
- ↑ "Lekker FM - Top 40 (5 November 2017)". Lekker FM. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2018. Besoek op 10 November 2017.
- ↑ "Jou Top 20 vir die week!". Radio 94.7 FM. 22 Augustus 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 10 November 2017.
- ↑ Cloete, Pieter (17 Julie 2017). "Maroela Media Afrikaanse Top 20: 17 Julie 2017". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 10 November 2017.