Lobostemon hottentoticus
plant spesie
Lobostemon hottentoticus is 'n plant wat tot die genus Lobostemon hoort en deel van die fynbos is. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor van Somerset-Wes tot by Gordonsbaai. Die plant het 'n voorkomsgebied van 195 km².
Lobostemon hottentoticus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | (ongeplaas)
|
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. hottentoticuss
|
Binomiale naam | |
Lobostemon hottentoticus Levyns, (1934)
|
Daar is sewe subpopulasies van die plant waarvan drie reeds vernietig is deur voorstedelike ontwikkeling. Dit word steeds bedreig deur ontwikkeling asook indringerplante en landbouaktiwiteite.