Lwazi Mvovo
Lwazi Mvovo (gebore in Mthatha, 3 Junie 1986) is 'n Springbokrugbyspeler wat vir die Natal Haaie in die Curriebeker en die Sharks in Superrugby speel. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.
| |||||
Volle naam | Lwazi Ncedo Mvovo | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 3 Junie 1986 | ||||
Geboorteplek | Mthatha, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,85 m | ||||
Massa | 94 kg | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Vleuel | ||||
Springbokno. | 821 | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2007- | Natal Haaie | 83 | (185) | ||
korrek soos op 5 April 2016. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2010- | Sharks | 95 | (135) | ||
korrek soos op 5 Junie 2016. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2010- | Suid-Afrika | 17 | (30) | ||
korrek soos op 18 Junie 2016. |
Hy matrikuleer te Maria Louw Hoërskool en maak sy debuut op 27 Junie 2008 in die Curriebekertoernooi vir die Natal Haaie teen die Boland in Durban.
Mvovo was die naashoogste driedrukker in die 2010 Curriebekertoernooi toe hy twaalf keer agter die pale gaan kuier het. Hy beïndruk weereens in die Superrugbykompetisie in 2010 waartydens hy ses drieë druk.
Eksterne skakels
wysig- Lwazi Mvovo by SARugby.co.za
- Lwazi Mvovo by www.genslin.us/bokke
- Lwazi Mvovo by itsrugby.co.uk
- Lwazi Mvovo Geargiveer 7 Augustus 2011 op Wayback Machine by Sharks
- Zimbio