Messier 53
(Aangestuur vanaf M53)
Messier 53 of M53 (ook bekend as NGC 5024) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is in 1775 deur Johann Elert Bode ontdek en Charles Messier het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Messier 53 | ||||
Messier 53 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky) | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Berenike se Hare | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 13h 12m 55,25s | |||
Deklinasie | +18º 10' 05,4" | |||
Skynmagnitude | 8,33 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 58 000 (18 000 parsek) | |||
Skynbare grootte | 13 boogminute | |||
Ander name | M53, NGC 5024, GCl 22, C 1310+184 | |||
|
Dit is een van die mees verafgeleë bolswerms, sowat 60 000 ligjare van die middel van die Melkweg af, en omtrent dieselfde afstand (sowat 58 000 ligjare) van die Sonnestelsel af.
Eksterne skakels
wysig- M53, SEDS
- Messier 53, Galactic Globular Clusters Database
- Messier 53 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 53.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia