Magnesiumhidried

chemiese verbinding

Magnesiumhidried is 'n verbinding van magnesium en waterstof met chemiese formule MgH2.

Eienskappe

Algemeen

Naam Magnesiumhidried
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule MgH2
Molêre massa 26,321 [g/mol][1]
CAS-nommer 60616-74-2[1]
Fasegedrag  
Fase α-MgH2 
Selkonstantes a=459,39pm; c=300,84pm[2]  
Ruimtegroep P42/mnm 
Nommer 136  
Strukturbericht C4 
Fase β-MgH2 
Selkonstantes a=480,26pm[2]  
Ruimtegroep Pa3 
Nommer 205  
Strukturbericht C1 
Fase γ-MgH2 
Selkonstantes a=449,35pm; b=542,61pm; c=480,26pm[2]  
Ruimtegroep Pbcn 
Nommer 60
Smeltpunt
Kookpunt
Digtheid
Oplosbaarheid reageer met water en stel H2 vry[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Kristalstruktuur

wysig

Magnesiumhidried is bekend met drie strukture. α-MgH2 het die tetragonale rutiel-struktuur. Dit word by lae waterstofdrukke gevorm. Bo 0,39GPa skakel dit om na γ-MgH2 wat die ortorombiese α-PbO2-struktuur besit. Teen 3,84 GPa word β-MgH2 met die kubiese fluoriet-struktuur gevorm

Al drie fases het oktaëdriese MgH6-eenhede.[2]

Gebruike

wysig

Magnesiumhidried en veral die γ-fase daarvan kry groot belangstelling in die navorsing as moontlike materiaal vit storing van (groen) waterstof. Die reaksies wat MgH2 vorm en weer waterstof vrystel is egter taamlik traag. [2]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 "Magnesium Hydride". PubChem NIH.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 Takuma Shiga, Hiroshi Fujihisa, Yuzo Shigesato, Takashi Yagi (2024). "Phonon transport characteristics of α, β, and γ crystalline phases of magnesium hydride from first-principles-based anharmonic lattice dynamics". Materials Today Communications. 38: 108192. doi:10.1016/j.mtcomm.2024.108192.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)