Mercedes-Benz B-klas
Die Mercedes-Benz B-klas is 'n kompakte luukse motor wat deur die Duitse motorvervaardiger Mercedes-Benz vervaardig word. Dit is in wese 'n vergrote A-klas waarvan sommige enjins behou is, maar kragtiger enjins is ook beskikbaar. Dit het dieselfde basiese veringstelsel.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Daimler AG |
Produksie | 2005–huidig |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Kompakte sporttoermotor |
Uitleg | Voorenjin, voorwielaandrywing |
Oorsig | |
---|---|
Produksie | 2011–2018 |
Modeljare | 2012–2018 |
Montering | Rastatt, Duitsland Kecskemét, Hongarye[1] |
Ontwerper | Mark Fetherston (2008) |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | 5-deur luikrug |
Platform | Mercedes-Benz W246 |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.6L I4 1.8L diesel I4 |
Ratkas | 6-gang handrat 7-gang dubbelkoppelaar |
Lengte | 4359 mm |
Breedte | 1786 mm |
Hoogte | 1557 mm |
Asafstand | 2699 mm |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Mercedes-Benz A-klas |
Oorsig | |
---|---|
Produksie | 2018–huidig |
Modeljare | 2019–huidig |
Bakwerk en onderstel | |
Uitleg | Voorenjin, voorwielaandrywing |
Platform | Mercedes-Benz W247 |
Spesifikasies | |
Enjin(s) |
|
Ratkas |
|
Soos die A-klas, en in teenstelling met enige ander voertuig wat Mercedes bou of al gebou het, is die B-klas 'n voorwielaangedrewe voertuig. Mercedes-Benz beskryf die B-klas as 'n kompakte sporttoermotor in plaas van 'n luikrug of veeldoelige voertuig, soos sy R-klas, wat 'n grandsporttoermotor genoem word.
Die derde generasie B-klas is tydens die Paryse Internasionale Motorskou op 2 Oktober 2018 bekendgestel. Dit bied semi-outomatiese bestuur wat uit die S-klas verkry is.[2]
Verwysings
wysig- ↑ "Kecskemét, Mercedes-Benz Werk" (in Duits). Daimler. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2011. Besoek op 26 September 2010.
- ↑ "2019 Mercedes-Benz B-Class Brings Semi-Autonomous Tech To Paris". Motor1.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 2 Oktober 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mercedes-Benz B-klas.