Meulspruitdam
Meulspruitdam is 'n dam wat buite die dorp Ficksburg in die Oos-Vrystaat geleë is. Die Meulspruitdam is 'n lang, smal dam wat etlike kilometer lank is, maar as gevolg van sy ligging tussen twee berge (Imperani aan die ooste) is dit op sy breedste skaars 100 m wyd. Die dam is in die Meulspruit gebou, wat etlike kilometer onder die damwal in die Caledonrivier invloei.
Meulspruitdam | |
---|---|
Meulspruitdam se wal
| |
Amptelike naam | Meulspruitdam |
Ligging | Ficksburg, Vrystaat |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | 28°51′54.44″S 27°49′36.27″O / 28.8651222°S 27.8267417°O |
Dam in | Meulspruit |
Doel | Besproeiing, watervoorsiening aan dorp asook ontspanning soos visvang en watersport. |
Konstruksie begin | 1970s |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 25 m |
Reservoir | Meulspruitdam Reservoir |
Die dam is in die 1970's gebou, en het 'n betonwal.
Meulspruitdam dien as die vernaamste watervoorsiening vir die dorp Ficksburg, en het ook 'n vakansieoord op die oostelike oewer van die dam, wat veral tydens die jaarlikse Kersiefees in November baie gewild is.