Caledonrivier
Die Caledonrivier (Sotho: Mohokare) is 'n rivier in Suid-Afrika. Dit vorm die grens tussen die Vrystaat en Lesotho.
Caledonrivier | |
---|---|
Stroomgebied | Lesotho, Suid-Afrika |
Oorsprong | Malutiberge (Witsieshoek) |
Sytak -links | Mopelispruit |
Sytak -regs | Meulspruit |
Monding | Oranjerivier (Gariepdam) |
Lengte | 480 km |
Oorsprong-hoogte | 2 100 m |
Monding-hoogte | 1 267 m |
Koördinate: 30°31′21″S 26°4′21″O / 30.52250°S 26.07250°O |
Stroomgebied
wysigDie rivier ontspring in Sentraal- Suid-Afrika in die Malutiberge naby Witsieshoek en die Monantsapas op die Lesotho-grens. Dit vloei suidweswaarts, eers langs Ficksburg en dan langs Maseru verby en is die grens met Lesotho tot by Wepener. Net suidwes van Wepener is die Welbedachtdam. Die rivier vloei verder suidwes en gaan onder die N6 nasionale pad deur tussen Smithfield en Rouxville. Net voor die rivier weswaarts in die Gariepdam invloei (naby Bethulie) lê die Tussen-die-Riviere Wildreservaat tussen die Caledon se suidelike oewer en die Oranjerivier. Dit het voorheen bekendgestaan as die Wilhelminarivier. [1][2]
Afmetings
wysigDie rivier is 507 km lank, waarvan 290 km die grens tussen Lesotho en die Vrystaat vorm. Sy opvanggebied is 21 500 km² waarvan 6 750 km² in Lesotho geleë is.
Sytakke
wysigDie bekendste sytakke is die Klein-Caledonrivier (wat naby Bethlehem ontspring), Phuthiatsanarivier (wat suid van Maseru in Lesotho ontspring), Leeurivier, en die Slykspruit.
Besproeiing
wysigWeens die afwesigheid van geskikte landbougrond naby die rivier is die ontwikkeling van besproeiingsprojekte blemmer.
Naam
wysigKolonel Robert Jacob Gordon het die rivier in 1777 besoek. Aanvanklik was die rivier as die Prinses Wilhelminarivier (Wilhelmina van Nederland) bekend, maar in 1809 het kol. Richard Collins (* 1774 - † 1813), die kommisssaris van die oostelike grensdistrikte van die Kaapkolonie, dit na die Kaapse goewerneur van die tyd vernoem.
Oorsprong
wysig- 28°37′05″S 28°42′13″O / 28.61804°S 28.70374°O (suidoos van Monantsapas)
Damme
wysigDamme in die rivier:
- Armeniadam
- Egmontdam (in die Witspruit, 'n sytak van die Caledonrivier)
- Knellpoortdam
- Koppieskraaldam
- Meulspruitdam (in die Meulspruit, 'n sytak van die Caledonrivier)
- Moperridam
- Welbedachtdam
Verwysings
wysig- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- ↑ Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. ISBN 978-1-77007-751-5
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Caledonrivier.
- Vrystaat-streek rivier stelsels