Michael Corbett
Michael McGregor Corbett, OMS, LLB (14 September 1923 – 16 September 2007) was 'n voormalige hoofregter van Suid-Afrika (1989–1996). Hy het in die Tweede Wêreldoorlog gedien voordat hy in 1946 na Trinity Hall, Cambridge gegaan het om regte te bestudeer.[1]
Vroeë jare
wysigMichael Corbett is in Pretoria gebore. Sy pa, Alan Frederick Corbett is in 1878 in Worcester, Engeland gebore.[2] en het as die Kommissaris vir Binnelandse Inkomste gedien.[3] Hy het sy skoolopleiding aan die Hoër Jongenskool Rondebosch[4] in Kaapstad[3] voltooi voordat hy in die Tweede Wêreldoorlog in die Suid-Afrikaanse Vloot van 1941 tot 1945 diens gedoen het en met die rang van luitenant-bevelvoerder afgetree het. Voor die oorlog het hy by die Universiteit van Kaapstad ingeskryf en 'n BA in 1941 verwerf. Na sy aktiewe diens tydens die oorlog het hy teruggekeer en 'n LL B behaal. studeer regte aan Trinity College, Cambridge. Hy het later 'n eersteklas LL B in 1948 verwerf.[3]
Regsloopbaan
wysigCorbett het sy regsloopbaan begin toe hy sowat ses maande in die kamers van Marius Diemont gewerk het voordat hy begin praktiseer het. Hy het vinnig vordering gemaak deur voor Maritieme/Admiraliteitshowe en Testamentêre Howe te praktiseer, en het in 1963 gekwalifiseer. In 1965 is hy aangestel as 'n Kamerregter op die Regsbank van die Kaapse Provinsiale Afdeling, waar hy kameraangeleenthede en summiere regsgedinge aangehoor het, en as Regter van Appèl in 1974, verhoor hoofsaaklik admiraliteit/maritieme (insluitende mariene versekering. kontrakte en testamentêre appèlle. In hierdie tyd het hy 'n groot bydrae tot die Suid-Afrikaanse regstelsel gelewer deur mede-outeur van die standaardhandboek oor die erfreg en die seevervoerreg. Hy is in 1989 as hoofregter aangestel en het met groot onderskeiding gedien.[3] As hoofregter van Suid-Afrika het hy die openingstoespraak gelewer tydens die intreerede van KODESA in Desember 1991 wat begin het met die onderhandelinge vir 'n nuwe grondwetlike bestel vir alle Suid-Afrikaners.[4]
Aftrede
wysigAlhoewel hy die statutêre aftree-ouderdom van 70 in 1993 bereik het, is sy ampstermyn twee keer verleng. Hy het uiteindelik in Junie 1996 afgetree.[3] Hy was 'n voorsitter van die Rondebosch Boys Schools Education Trust.[5]
Huldeblyke
wysigMet Corbett se aftrede met 'n staatsbanket in 1996, het voormalige president van Suid-Afrika Nelson Mandela verklaar dat:
"Sy bydrae is nie maklik omsluit nie. Hy het onderskeiding behaal as regsgeleerde, as skrywer, as advokaat en as 'n regterlike beampte. Dwarsdeur sy loopbaan is 'n passie vir geregtigheid en 'n sensitiwiteit vir rassediskriminasie gekombineer met intellektuele strengheid en helderheid van denke."[6]
Vyf eregrade van doktor in die regte (LLD) is aan hom toegeken:[7] 1. Universiteit van Kaapstad in 1982 2. Universiteit van die Oranje-Vrystaat in 1990 3. Rhodes-universiteit in 1990 4. Universiteit van Pretoria in 1993 5. Universiteit van die Witwatersrand in 1994
Familie
wysigMichael Corbett was die seun van Alan Corbett en Sybil McGregor. Sy pa was 'n Advokaat van die Inner Tempel, wat vir baie jare Kommissaris vir Binnelandse Inkomste van die Unie van Suid-Afrika was.[8] Sy ma was die dogter van Alexander John McGregor, 'n regter in die Unie van Suid-Afrika, en Elizabeth Brand (dogter van sir Johannes Brand, president van die Oranje-Vrystaat).[8]
Verwysings
wysig- ↑ "The Hon. Michael Corbett OMS LLD". Trinity Hall, Cambridge (Obituary). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2008. Besoek op 28 September 2012.
- ↑ Kahn, Elison (1995). The Quest for Justice: Essays in Honour of Michael McGregor Corbett, Chief Justice of the Supreme Court of South Africa. Kenwyn: Juta. p. 107. ISBN 0-7021-3440-6.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 Zimmermann, Reinhard; Visser, Daniel, reds. (1996). Southern Cross: Civil Law and Common Law in South Africa. Oxford: Clarendon Press. p. 137. ISBN 0-19-826087-3.
- ↑ 4,0 4,1 "History". Rondebosch Boys' High School. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2012. Besoek op 28 September 2012.
- ↑ "Union Sub-Committees". Rondebosch Old Boys' Union. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2012. Besoek op 28 September 2012.
- ↑ Legalbrief Today (20 September 2007). "LSSA Pays Tribute to the Late Chief Justice Michael Corbett". Persberig. http://www.legalbrief.co.za/article.php?story=2007092011302187. Besoek op 28 September 2012.
- ↑ Kahn, Ellison (1995). The Quest for Justice: Essays in Honour of Michael McGregor Corbett, Chief Justice of the Supreme Court of South Africa. Kenwyn: Juta. ISBN 0-7021-3440-6.
- ↑ 8,0 8,1 McGregor, Tony (15 Januarie 2009). "The McGregors in South Africa". Leaves from My Logbook: Murray McGregor's Missionary and Maritime Memories. Besoek op 28 September 2012.