Michael Henry Gallwey
Hoofregter van Natal
Sir Michael Henry Gallwey (1826 – 1912) was 'n Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof. Hy is op 30 Oktober 1826 gebore in die graafskap Cork, Ierland. Hy ontvang opleiding aan die Trinity College, Dublin, en word in 1853 toegelaat tot die Ierse balie. Hy arriveer in 1854 in Natal. Hy praktiseer in Pietermaritzburg tot 1857 en word aangestel as Prokureur-generaal. In 1890 word hy Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof en tree af in 1891. Hy is oorlede op 25 Julie 1912 in Pietermaritzburg.
Michael Henry Gallwey | |
Hoofregter van die Natalkolonie
| |
Ampstermyn 1890 – 1901 | |
Monarg | Victoria |
---|---|
Voorafgegaan deur | Henry Connor |
Opgevolg deur | Henry Bale |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Cork, Engeland, Verenigde Koninkryk | 30 Oktober 1826
Sterf | 25 Julie 1912 (op 85) Pietermaritzburg, Natalprovinsie |
Alma mater | Trinity College, Dublin |