Microceratus
Microceratus ("met klein horings") was ’n genus klein seratopsiër-dinosourusse wat in die Kryt-periode in Asië voorgekom het. Hy het op twee bene geloop en het kort arms gehad, asook ’n kenmerkende seratopsiër-kraag en snawelagtige bek. Hy was moontlik sowat 0,6 meter lank. Hy was een van die eerste seratopsiërs (dinosourusse met horings) in Mongolië.
Microceratus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | †Microceratus (Mateus, 2008)
|
Binomiale naam | |
†Microceratus gobiensis (Bohlin, 1953)
| |
Sinonieme | |
Microceratops (Bohlin, 1953) |
Microceratus | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||||
|
Die tipe-spesie, "Microceratops" gobiensis, is in 1953 die eerste keer deur Bohlin beskryf. Die genusnaam het egter reeds aan ’n ander dier behoort en die nuwe naam Microceratus is in 2008 deur Mateus geskep.[1]
Microceratus was nes ander seratopsiërs plantvreters. Hulle het waarskynlik die plante gevreet wat in dié tyd voorgekom het: varings, broodbome en konifers. Hulle sou die blare of naalde met hul skerp snawel afgebyt het.
Verwysings
wysig- ↑ Mateus, O (2008). "Two ornithischian dinosaurs renamed: Microceratops Bohlin 1953 and Diceratops Lull 1905". Journal of Paleontology. 82 (2): 423. doi:10.1666/07-069.1.
Eksterne skakels
wysig- http://www.thescelosaurus.com/ceratopsia.htm Geargiveer 7 Desember 2009 op Wayback Machine