Molibdeendisulfied
Molibdeendisulfied of molibdeen(IV)sulfied is 'n sout van molibdeen is sy +4 oksidasietoestand en waterstofsulfied met formule MoS2
Algemeen | |
---|---|
Naam | Molibdeendisulfied |
Chemiese formule | MoS2 |
Molêre massa | 160,2 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 1317-33-5[1] |
Voorkoms | glansende loodgrys poeier of swart kristalle[1] |
Reuk | reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=316,1pm; c=1229,5pm[2] |
Ruimtegroep | P63/mmc |
Nommer | 194 |
Strukturbericht | C7 |
Smeltpunt | 2375 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 5,06 @ 15 °C[1] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit kom in die natuur as die mineraal molibdeniet voor.
Kristalstruktuur
wysigMolibdeendisulfied kristalliseer in 'n gelaagde heksagonale struktuur wat die argetipe van die C7-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is en baie voorkom onder disulfiede van oorgangsmetale. Dit bestaan uit 'n toebroodjiestruktuur met molibdeenatome in 'n oktaëdriese omringing tussen twee lae swaelatome.[2] Die toebroodjies word net deur vanderwaalskragte by mekaar gehou en kan maklik afgevlok word.
Chemiese eienskappe
wysigDit los op in heet swaelsuur, koningswater en salpetersuur. Onder sterk oksiderende omstandighede vorm dit molibdeentrioksied MoO3.[1]
Gebruike
wysigDit word as 'n smeermiddel in ghries, oliedispersies, harsgebonde films en droë poeiers gebruik (veral by uiterste druk en in hoë vakuum). Dit word ook gebruik as 'n hidrogeneringskatalisator en in mikrosonde-analise van gronderosie-aërosols.[1]