Montroux
Montroux is 'n besonder klein voorstad van Johannesburg, sowat 9 km noordwes van die stadsaal.
Montroux | |
---|---|
Koördinate: 26°08′30″S 27°59′0″O / 26.14167°S 27.98333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Stigting | 21 September 1955 |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,16 km2 (0,06 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 270 |
• Digtheid | 1 688/km2 (4 370/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 42,2% |
• Indiërs/Asiërs | 27,4% |
• Bruin mense | 5,2% |
• Swart mense | 25,6% |
Taal (2011) | |
• Engels | 71,0% |
• Afrikaans | 12,3% |
• Zoeloe | 5,6% |
• Suid-Ndebele | 4,5% |
• Ander | 6,7% |
Montroux grens in die weste aan Risidale, in die noorde aan Linden, in die ooste aan Franklin Roosevelt Park en in die suide aan Northcliff. Dis uitgelê op die plaas Waterval en op 21 September 1955 geproklameer. Montroux is genoem na Aasvoëlkop, in die aangrensende Northcliff, waar ook die plaaslike NG gemeente, NG gemeente Aasvoëlkop, die naam van die 1 787 m hoë koppie dra. "Mont" is Frans vir berg. Die tweede deel van die naam is afgelei van die eienaar van die plaas, Frederick Johannes le Roux (1875–1963), se van.
Bronne
wysig- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Montroux". Sensus 2011.