Moraea tricolor
plantspesie
Moraea tricolor is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos en renosterveld is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Citrusdal tot by Caledon en ooswaarts tot by Stilbaai voor. Dit is uitgestorwe op die Kaapse Vlakte. Die plant word 5–15 cm groot en blom van Julie tot September, die blomme is geel, rooi of pers van kleur. Die plant het baie van sy habitat afgestaan aan graan en ander gewasverbouing, asook stedelike ontwikkeling en indringerplante. Ontwikkeling is veral 'n bedreiging by Langebaan, Gouda en Stilbaai.
Moraea tricolor | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. tricolor
|
Binomiale naam | |
Moraea tricolor Andrews, (1800)
| |
Sinonieme | |
Bronne
wysig- SANBI Redlist
- Plants of the World Online
- John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018, Bl. 104, ISBN 978 1 77584 590 4