Moraea vallisbelli

plantspesie

Moraea vallisbelli is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom van die Bokkeveldberge tot by Botterkloofpas voor. Die plant het tans 'n voorkomsgebied van 700 km² en het 'n groot gedeelte van sy habitat in die Nieuwoudtville omgewing weens graanverbouing en olyf-boerdery verloor.

Slaptulp
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Orde: Asparagales
Familie: Iridaceae
Genus: Moraea
Spesie:
M. vallisbelli
Binomiale naam
Moraea vallisbelli
(Goldblatt) Goldblatt, (1998)
Sinonieme
  • Homeria vallisbelli Goldblatt

Bronne

wysig