Moraea villosa
plantspesie
Moraea villosa is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos en renosterveld is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Piketberg tot by die Gordonsbaai en Ceres voor. Die plant word 30–40 cm groot en blom van Augustus tot September, die blomme is blou tot perskleurig of ligoranje.
Moraea villosa | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. villosa
|
Binomiale naam | |
Moraea villosa (Ker Gawl.) Ker Gawl., (1833)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant het 80% van sy habitat afgestaan aan stedelike ontwikkeling en gewasverbouing. Indringerplante is ook 'n bedreiging.
Daar is twee subspesies:
- Moraea villosa subsp. elandsmontana Goldblatt
- Moraea villosa subsp. villosa
Bronne
wysig- SANBI rooilys
- Plants of the world online
- John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018, bl. 108, ISBN 978 1 77584 590 4