Messier 108
(Aangestuur vanaf NGC 3556)
Messier 108 of M108 (ook bekend as NGC 3556) is ’n staafspiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1781 of 1782 deur Pierre Méchain ontdek[1] en eers heelwat later in Charles Messier se katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Messier 108 | ||||
Bron: 2MASS | ||||
Soort stelsel | Staafspiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Groot Beer | |||
Tipe | SB(s)cd | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 11h 11m 31s | |||
Deklinasie | +55º 40' 27" | |||
Skynmagnitude | 10,7 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 46 miljoen | |||
Skynbare grootte | 8,7 × 2,2 boogminute | |||
Massa | 1,82 × 105 M☉ | |||
Ander name | M108, NGC 3556, PGC 34030, UGC 6225 | |||
|
Die sterrestelsel is ’n geïsoleerde lid van die Ursa Major-sterrestelselswerm in die Virgo-superswerm. Dit het ’n geraamde massa van sowat 125 miljard sonmassas en sluit sowat 290 bolvormige sterreswerms in.[2]
Waarnemings deur die Chandra-X-straal-sterrewag het 83 X-straalbronne geïdentifiseer, insluitende ’n bron by die kern. Die helderste van hierdie bronne kan ’n swartkolk wees wat materie opneem. Dit het na raming ’n massa van sowat 24 miljoen sonmassas.[3]
Verwysings
wysig- ↑ Kepple, George Robert; Sanner, Glen W. (1998). The Night Sky Observer's Guide. Vol. 2. Willmann-Bell. p. 399. ISBN 0-943396-60-3.
- ↑ Rhode, Katherine L. (2007). "Global Properties of the Globular Cluster Systems of Four Spiral Galaxies". Astronomical Journal. 134: 1403–1418. arXiv:0708.1166. Bibcode:2007AJ....134.1403R. doi:10.1086/521397.
- ↑ Satyapal, S. (2008). "Spitzer Uncovers Active Galactic Nuclei Missed by Optical Surveys in Seven Late-Type Galaxies". Astrophysical Journal. 677 (2): 926–942. arXiv:0801.2759. Bibcode:2008ApJ...677..926S. doi:10.1086/529014.
Eksterne skakels
wysig- SEDS: Messier 108
- Messier 108 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 108.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia