Messier 74
Messier 74 of M74 (ook bekend as NGC 628) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 32 miljoen ligjare van die Aarde af[1] in die sterrebeeld Visse. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.[2]
Messier 74 | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Visse | |||
Tipe | SA(s)c | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 01h 36m 41,8s | |||
Deklinasie | +15º 47' 01" | |||
Skynmagnitude | 10 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 32 miljoen | |||
Skynbare grootte | 10,5 x 9,5 boogminute | |||
Ander name | M74, NGC 628, UGC 1149, PGC 5974 | |||
|
Die sterrestelsel het twee duidelik afgebakende spiraalarms. Die lae oppervlakhelderheid maak dit die moeilikste Messier-voorwerp vir amateur-sterrekykers om te sien.[3][2] M74 huisves na raming sowat 100 miljard sterre.[1]
Supernovas
wysigTwee supernovas is al in M74 waargeneem:[4] SN 2002ap[5] en SN 2003gd.[6] SN 2002ap het besondere belangstelling gewek omdat dit een van die min tipe Ic-supernovas (of hipernovas) is wat in onlangse jare binne 10 miljoen parsek van die Aarde af gesien is.[7][8][9]
SN 2003gd is a Tipe II-P-supernova.[10] Tipe II-supernovas het bekende helderhede en hul afstande kan dus akkuraat gemeet word. Deur SN 2003gd te gebruik, kan die afstand na M74 bepaal word as 9,6 ± 2,8 megaparsek, of 31,9 miljoen ligjare.[11]
Sterrestelselgroep
wysigM74 is die helderste stelsel in die M74-groep, ’n groep van 5-7 sterrestelsels, insluitende die eienaardige spiraalstelsel NGC 660 en ’n paar onreëlmatige stelsels.[12][13][14]
Moontlike swartkolk
wysigOp 22 Maart 2005 is aangekondig[15] dat die X-straal-ruimtesterrewag Chandra ’n ultrahelder X-straalbron in M74 waargeneem het wat meer X-straalkrag uitstraal as ’n neutronster – met intervalle van sowat twee uur. Dit het ’n geraamde massa van sowat 10 000 sonmassas. Dit dui op ’n swartkolk van mediumgrootte. Dit is ’n ongewone soort swartkolk, iewers tussen die grootte van gewone stellêre swartkolke en massiewe swartkolke wat teoreties voorkom in die middel van die meeste sterrestelsels. Die X-straalbron is geïdentifiseer as CXOU J013651.1+154547.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Astronomy Picture of the Day , M74: The Perfect Spiral" (in Engels). NASA. 6 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2020. Besoek op 7 April 2011.
{{cite web}}
: Onbekende parameter|month=
geïgnoreer (hulp) - ↑ 2,0 2,1 K. G. Jones (1991). Messier's Nebulae and Star Clusters (2nd uitg.). Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 0-521-37079-5.
- ↑ S. J. O'Meara (1998). The Messier Objects. Cambridge University Press. ISBN 0-521-55332-6.
- ↑ "NASA/IPAC Extragalactic Database". Results for NGC 628 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2001. Besoek op 12 Augustus 2006.
- ↑ S. Nakano, R. Kushida, Y. Kushida, W. Li (2002). "Supernova 2002ap in M74". IAU Circular. 7810: 1. Bibcode:2002IAUC.7810....1N.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ R. Evans, R. H. McNaught (2003). "Supernova 2003gd in M74". IAU Circular. 8150: 2. Bibcode:2003IAUC.8150....2E.
- ↑ P.A. Mazzali, J. Deng, K. Maeda, K. Nomoto, H. Umeda, K. hatano, K. Iwamoto, Y. Yoshii, Y. Kobayashi, T. Minezaki, M. Doi, K. Enya, H. Tomita, S.J. Smartt, K. Kinugasa, H. Kawakita, K. Ayani, T. Kawabata, H. Yamaoka, Y.L. Qiu, K. Motohara, C.L. Gerardy, R. Fesen, K.S. Kawabata, M. Iye, N. Kashikawa, G. Kosugi, Y. Ohyama, M. Takada-Hidai, G. Zhao, R. Chornock, A.V. Filippenko, S. Benetti, M. Turatto (2002). "The Type Ic Hypernova SN 2002ap". Astrophysical Journal. 572 (1): L61–L65. Bibcode:2002ApJ...572L..61M. doi:10.1086/341504.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ S. J. Smartt, P. M. Vreeswijk, E. Ramirez-Ruiz, G. F. Gilmore, W. P. S. Meikle, A. M. N. Ferguson, J. H. Knapen (2002). "On the Progenitor of the Type Ic Supernova 2002ap". Astrophysical Journal. 572 (2): L147–L151. arXiv:astro-ph/0205241. Bibcode:2002ApJ...572L.147S. doi:10.1086/341747.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ A. Gal-Yam, E. O. Ofek, O. Shemmer (2002). "Supernova 2002ap: The first month". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society Letters. 332 (4): L73–L77. arXiv:astro-ph/0204008. Bibcode:2002MNRAS.332L..73G. doi:10.1046/j.1365-8711.2002.05535.x.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ S. D. Van Dyk, W. Li, A. V. Filippenko (2003). "On the Progenitor of the Type II-Plateau Supernova 2003gd in M74". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 115 (813): 1289–1295. arXiv:astro-ph/0307226. Bibcode:2003PASP..115.1289V. doi:10.1086/378308.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ M.A. Hendry, S.J. Smartt, J.R. Maund, A. Pastorello, L. Zampieri, S. Benetti, M. Turatto, E. Cappellaro, W.P.S. Meikle, R. Kotak, M.J. Irwin, P.G. Jonker, L. Vermaas, R.F. Peletier, H. van Woerden, K.M. Exter, D.L. Pollacco, S. Leon, S. Verley, C.R. Benn, G. Pignata (2005). "A study of the Type II-P supernova 2003gd in M74". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 359 (3): 906–926. arXiv:astro-ph/0501341. Bibcode:2005MNRAS.359..906H. doi:10.1111/j.1365-2966.2005.08928.x.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ R. B. Tully (1988). Nearby Galaxies Catalog. Cambridge University Press. ISBN 0-521-35299-1.
- ↑ A. Garcia (1993). "General study of group membership. II – Determination of nearby groups". Astronomy and Astrophysics Supplement. 100: 47–90. Bibcode:1993A&AS..100...47G.
- ↑ G. Giuricin, C. Marinoni, L. Ceriani, A. Pisani (2000). "Nearby Optical Galaxies: Selection of the Sample and Identification of Groups". Astrophysical Journal. 543 (1): 178–194. arXiv:astro-ph/0001140. Bibcode:2000ApJ...543..178G. doi:10.1086/317070.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Chandra :: Photo Album :: M74 :: 22 Mar 05
Eksterne skakels
wysig- SEDS: Messier 74
- Messier 74 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 74.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia