Klein Handgewignewel

planetêre newel in die sterrebeeld Perseus
(Aangestuur vanaf NGC 650)

Die Klein Handgewignewel (ook bekend as Messier 76, NGC 650/651 of die Kurknewel[1]) is ’n planetêre newel in die sterrebeeld Perseus. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Klein Handgewignewel
Die Klein Handgewignewel, of Messier 76.
Die Klein Handgewignewel, of Messier 76.
Soort newel Planetêre newel
Sterrebeeld Perseus
Messier-naam Messier 76
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 01h 42,4m
Deklinasie +51º 34' 31"
Skynmagnitude (m) 10,1
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 2 500
Skynbare grootte 2',7 × 1',8
Ander name
NGC 650/651
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Heber Curtis het dit in 1918 eerste as ’n planetêre newel geïdentifiseer. Daar is egter teenstand teen dié feit aangesien Isaac Roberts in 1891 al gesê het M76 is dalk soortgelyk aan die Ringnewel (M57), maar word van die kant af gesien.[2] M76 se afstand word geraam op sowat 2 500 ligjare (780 parsek),[3] wat beteken sy deursnee is sowat 1,23 ligjare (0,378 parsek).[4]

Die newel het ’n skynbare magnitude van 10,1 en sy sentrale ster is 15,9 mag.[1] Die ultravioletlig van die ster reik buite die buitenste lae wat die huidige newel vorm en het ’n oppervlaktemperatuur van sowat 88 400 kelvin. Die newel beweeg teen −19,1 km/s−1 in die rigting van ons sonnestelsel.[5]

Die Klein Handgewignewel kry sy naam van sy ooreenkoms met die Handgewignewel (M27) in die sterrebeeld Vos. Daar is oorspronklik gedink dit bestaan uit twee aparte emissienewels en dit het dus twee katalogusnommers gekry in die New General Catalogue, NGC 650 en NGC 651. Dit word deur sommige beskou as een van die flouste en moeiliks sigbare Messier-voorwerpe.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 "M 76 -- Planetary Nebula". SIMBAD. Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Besoek op 25 Januarie 2010.[dooie skakel]
  2. "Messier 76" (in Engels). The SEDS Messier Catalog Webpages. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2019. Besoek op 25 Januarie 2010.
  3. Philips, J.P. (2005). "The distances of highly evolved planetary nebulae". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 357 (2): 619–625. Bibcode:2005MNRAS.357..619P. doi:10.1111/j.1365-2966.2005.08676.x.
  4. Philips, J.P. (2002). "The Distances of Planetary Nebulae: A Scale Based upon Nearby Sources". Astrophysical Journal Supplement Series. 139 (1): 199–217. Bibcode:2002ApJS..139..199P. doi:10.1086/338028.
  5. Philips, J.P. (2002). "The Distances of Planetary Nebulae: A Scale Based upon Nearby Sources". Astrophysical Journal Supplement Series. 139 (1): 201. Bibcode:2002ApJS..139..199P. doi:10.1086/338028.

Eksterne skakels

wysig