Natalse rooihaas
Die Natalse rooihaas (Pronolagus crassicaudatus) is 'n haas wat in Mosambiek en KwaZulu-Natal voorkom. Die diertjie staan ook bekend as die Natalse rooiklipkonyn.
Natalse rooihaas | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. crassicaudatus
|
Binomiale naam | |
Pronolagus crassicaudatus (I. Geoffroy, 1832)
|
Voorkoms
wysigDie dier se pels is dig en grof en die kleur is sout-en-peper rooibruin terwyl die onderkant roeserig dofgeel is. Die ken is wit of gryswit en van die wange loop 'n breë strook tot by die agternek wat kontrasteer met die res van die lyf. Die diertjie se massa is 1,3 – 3,1 kg.
Habitat
wysigHulle vreet gras, veral jong gras. Hulle kom in rotsagtige terrein voor, soos kranse, kliprantjies en rotsagtige klowe met eetbare gras. Hulle natuurlike vyande is die luiperd, rooikat en vaalboskat.
Na 'n dragtyd van een maand word een of twee kleintjies gebore gewoonlik in die somer.
Sien ook
wysigBronnelys
wysig- Lagomorph Specialist Group 1996. Pronolagus crassicaudatus Geargiveer 11 Maart 2007 op Wayback Machine. 2006 IUCN Red List of Threatened Species. Verkry op 31 Julie 2007.
- Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5