Neutkraker (voël)
Die neutkrakers (Nucifraga) is ’n genus van drie spesies sangvoëls in die familie Corvidae wat verwant is aan die gaaie en kraaie. Die genusnaam is ’n Nieu-Latynse vertaling van die Duitse Nussbrecher, "neutbreker".[1]
Neutkraker | |
---|---|
Nucifraga columbiana. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Nucifraga (Brisson, 1760)
|
Spesies | |
Gevlekte neutkraker |
Beskrywing
wysigDie belangrikste voedselbronne van die neutkrakers is die saad van verskeie dennebome, veral dié in koue klimaatstreke met groot sade: P. albicaulis, P. armandii, P. cembra, P. flexilis, P. koraiensis, P. parviflora, P. peuce, P. pumila, P. sibirica en P. wallichiana, asook die bome van die subgenus Ducampopinus. In sommige streke waar geen van dié dennebome voorkom nie, vorm die saad van spardenne (Picea) en haselaars (Corylus) ’n belangrike deel van die dieet. Die voëls se snawels is spesiaal aangepas om die sade uit die dennekeëls te grawe.
Hulle eet ook verskeie insekte, soos die larwes van bye en perdebye, voëleiers en aas as dit beskikbaar is.
Die neste word gewoonlik hoog op in ’n naaldboom gebou. Twee tot vier eiers word gewoonlik gelê en hulle broei ná 18 dae uit. Nie een van die spesies migreer nie, maar hulle sal hul hougebied verlaat as daar ’n tekort aan kos is.
Bestaande spesies
wysigBeeld | Wetenskaplike naam | Algemene naam | Verspreiding |
---|---|---|---|
Nucifraga caryocatactes | Gevlekte neutkraker | Europa en Asië | |
Nucifraga multipunctata | Kasjmierneutkraker | Die Himalaja | |
Nucifraga columbiana | Grysneutkraker | Westelike Noord-Amerika |
Verwysings
wysig- ↑ Jobling, James A (2010). The Helm Dictionary of Scientific Bird Names. Londen: Christopher Helm. p. 276. ISBN 978-1-4081-2501-4.
Eksterne skakels
wysig- Video's van neutkrakers by die Internet Bird Collection
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia