Niel Marais
Daniel Rudolf Marais (gebore 21 Januarie 1992, Bloemfontein) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in Japan vir die Yamaha Júbilo-span op losskakel speel.
| |||||
Volle naam | Daniel Rudolf Marais | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 21 Januarie 1992 | ||||
Geboorteplek | Bloemfontein, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,81 m | ||||
Massa | 97 kg | ||||
Skool | Grey-kollege, Bloemfontein | ||||
Universiteit | Universiteit van die Vrystaat | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Senter, losskakel | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2015 | Shimlas | 8 | (63) | ||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2018- | Yamaha Júbilo | 2 | (0) | ||
korrek soos op 2 Februarie 2019. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2013–2016 2014 2015-2017 |
Vrystaat XV →Griekwas VS Cheetahs |
17 1 13 |
(71) (0) (135) | ||
korrek soos op 23 Oktober 2018. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2015–2018 | Cheetahs | 21 | (110) | ||
korrek soos op 22 April 2019. |
Loopbaan
wysigJeug
wysigMarais het die Vrystaat vir die eerste keer in 2005 verteenwoordig toe hy deel was van die o/13-Cravenweekspan. Hy het die Vrystaatse o/19-span in 2010 en 2011 verteenwoordig in die provinsiale toernooi, waar hy hoofsaaklik heelagter gespeel het. Hy het in 2011 124 punte aangeteken in die kompetisie wat die derde meeste in die kompetisie was.[1] Hy het in 2012 en 2013 die Vrystaatse o/21 hoofsaaklik op senter uitgedraf.
Vrystaat Cheetahs
wysigMarais is in 2013 in die Vrystaat se Vodacombekerspan ingesluit[2] en het sy seniordebuut gemaak toe hy in die eerste wedstryd van die seisoen teen die SWD Arende in George uitgedraf het; ’n wedstryd wat die Vrystaat met 31–8 gewen het.[3] Hy het in ses wedstryde van daardie seisoen gespeel.
In 2014 is hy aangewys as kaptein van die Vodacombekerspan[4] en het 41 punte in ses wedstryde aangeteken. Hy het sy eerste drie gedruk in die eerste wedstryd van die seisoen, weer teen die SWD Arende[5] en het 'n verdere 10 punte met die stewel aangeteken.
Griekwas
wysigIn Mei 2014 het Marais hom op 'n tweemaandekontrak by die Griekwas aangesluit vir die kwalifiserende wedstryde van die 2014 Curriebekerseisoen.[6]
Eksterne skakels
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "2011 o/19 Provinsiale Kampioenskap Toppuntebehalers". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Besoek op 6 Mei 2014.[dooie skakel]
- ↑ (en) "2013 Vrystaat XV Vodacombekerseisoen". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Besoek op 6 Mei 2014.[dooie skakel]
- ↑ (en) "Wedstrydontleding: SWD tn Toyota Vrystaat XV". Suid-Afrkaanse Rugbyunie. 8 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2015. Besoek op 6 Mei 2014.
- ↑ "Groot vroeë oorwinning vir Vrystaat" (in Engels). Sport24. 8 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 6 Mei 2014.
- ↑ (en) "Wedstrydontleding: Toyota Vrystaat XV tn SWD Arende". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 8 Maart 2014. Besoek op 9 Maart 2014.[dooie skakel]
- ↑ "Hawies verbeter GW se diepte". Beeld. 21 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2014. Besoek op 21 Mei 2014.