Noltea africana
Plantspesie
(Aangestuur vanaf Noltea)
Die seepbos (Noltea africana) is 'n meerjarige, blomdraende struik of boom wat deel is van die Rhamnaceae familie. Die spesie is endemies aan die Oos- en die Wes-Kaap en kom van die Kaapse Skiereiland tot by Pondoland voor. Die plant is deel van die fynbos.
Seepbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rhamnaceae |
Genus: | Noltea |
Spesie: | N. africana
|
Binomiale naam | |
Noltea africana (L.) Endl., (1842)
| |
Sinonieme | |
|
Die genus bestaan uit slegs een spesie, Noltea africana en dit is dus 'n monotipiese takson.
Die boom se FSA-nommer is 453.[1]