Nowgorod-oblast
Nowgorod-oblast (Russies: Новгоро́дская о́бласть, Nowgorodskaja oblast) is ’n oblast (deelgebied) van Rusland. Dit lê tussen Moskou en Sint Petersburg in die Noordwestelike Federale Distrik en die hoofstad is Weliki Nowgorod.
Nowgorod-oblast Новгородская область | ||||
Die ligging van Nowgorod-oblast in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Noordwestelike | |||
Ekonomiese streek | Noordwestelike | |||
Stigting | 7 Mei 1944 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Nowgorod | |||
Leier | Sergei Mitin | |||
Amp | Goewerneur | |||
Wetgewer | Oblast-doema | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 634 111 | |||
Volgorde | 69ste | |||
Digtheid | 11,47/km2 | |||
Stedelik | 70,6% | |||
Plattelands | 29,4% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 55 300 km2 | |||
Volgorde | 48ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 53 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://www.niac.natm.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Van die oudste Russiese stede, soos Weliki Nowgorod en Staraja Roessa, is hier geleë. Die historiese monumente van Weliki Nowgorod en die omgewing is ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.
Geografie
wysigNowgorod-oblast grens aan Leningrad-oblast in die noorde en noordweste, Wologda-oblast in die ooste, Twer-oblast in die suide en suidooste en Pskof-oblast in die suidweste.
Die westelike deel is ’n laagland om die Ilmen-meer, terwyl die oostelike deel ’n hoogland is (die noordelike uitlopers van die Waldai-heuwels).[1] Die hoogste punt is Berg Rizjocha (296 m).
Demografie
wysigNowgorod-oblast se bevolking is volgens die 2002-sensus 694 355, die laagste van al die oblaste in die Europese deel van Rusland. Een van die redes is dat die streek swaar getref is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Altesaam 70% van die bevolking woon in die tien stede en dorpe.
Die bevolking is redelik homogeen, met net vyf volke met meer as 2 000 mense tydens die laaste sensus. Sowat 93,92% is Russe, en die res is Oekraïners, Belarusse, Roma, Tatare en ander klein groepe.
Ekonomie
wysigNowgorod-oblast is bekend vir sy wetenskap- en arbeidsintensiewe sektore, veral in die chemiese en die woudbedryf. Die ingenieurs-, metaalwerk-, elektronika-, chemiese, woud- en papierbedryf vervaardig amper die helfte van die streek se markbare produkte.
Die grootste nywerheidsentrums is Weliki Nowgorod, Staraja Roessa en Borowitsji.
Verwysings
wysig- ↑ Darby, William; Brookes, Richard (1827). Darby's Universal Gazetteer: Or, A New Geographical Dictionary ... Oorspronklik van die New York Public Library: Bennett & Walton. p. 837.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nowgorod-oblast.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia