Duine-olienhout
Boom spesie
(Aangestuur vanaf Olea exasperata)
Die Duine-olienhout (Olea exasperata) is 'n boom wat tot 7 m hoog word en endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor, vanaf Melkbosstrand tot by Oos-London .Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.[1]
Duine-olienhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Lamiales |
Familie: | Oleaceae |
Genus: | Olea |
Spesie: | O. exasperata
|
Binomiale naam | |
Olea exasperata Jacq. (1798)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom het dun leeragtige blare wat in pare voorkom en wit blomme aan die punte van blaarlose takkies. Die blomme verskyn van November tot Februarie. Die vrugte is ovaalvormig en persswart. Die wortels is gebruik as teengif vir slangbyt.
Die boom se FSA-nommer is 619.[2]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
wysig- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007 ISBN 978-1-77009-215-0
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online