Maak hoofkeuseskerm oop

Onseepkans is 'n nedersetting aan die Oranjerivier in die Noord-Kaap, 57 km noord van Pofadder en 107 km suidoos van Karasburg, Namibië.

Onseepkans
Ligging van Onseepkans op 'n kaart (Noord-Kaap)
Onseepkans
Onseepkans
 Onseepkans se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°47′56″S 19°19′0″O / 28.79889°S 19.31667°O / -28.79889; 19.31667Koördinate: 28°47′56″S 19°19′0″O / 28.79889°S 19.31667°O / -28.79889; 19.31667
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distrik Namakwa
Munisipaliteit Khâi-Ma
Oppervlak[1]
 - Dorp 27,65 km²  (10,7 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 2 090
 - Digtheid 76/km² (196,8/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 1.5%
 • Indiër/Asiër 0.4%
 • Kleurling 78.1%
 • Swart 18.9%
 • Ander 1.0%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 84.1%
 • Tswana 12.9%
 • Ander 3.0%
Poskode (strate)
Poskode (posbusse) 8892
Skakelkode(s) 054

GeskiedenisWysig

Die dorpie is in 1916 as besproeiingsnedersetting gestig en is sedert 1936 deur 'n dorpsbestuursraad beheer. Die naam is afgelei van die Khoekhoen woord wat draai in die rivier waar die lemoendoringbome groei beteken, 'n verwysing na Parkinsonia africana. Die bevolking was net meer as 2 000 in 2011.

GrensposWysig

Onseepkans is ook 'n grenspos (oop 08:00–16:30); die grenspos aan Namibië se kant staan bekend as Velloorsdrif. Die brug oor die Oranjerivier is in 1962 geopen.

Sien ookWysig

BronneWysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Onseepkans". Sensus 2011.