Orange, Vaucluse
Orange (Franse uitspraak: [ɔʁɑ̃ʒ]; Provensaalse Oksitaans: Aurenja of Aurenjo in Standaard-Mistraliaans) is 'n commune in die Vaucluse département van die Provence-Alpes-Côte d'Azur gewes in suid-oos Frankryk. Dit is geleë omtrent 21 km (13 mi) noord van Avignon. Dit beskik grotendeels oor 'n landbou ekonomie.
Orange | |
---|---|
Lugfoto van sentraal Orange | |
Koördinate: 44°08′18″N 4°48′35″O / 44.1383°N 4.8097°O | |
Regering | |
• Burgemeester | Jacques Bompard[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 74,2 km2 (28,6 vk. myl) |
Bevolking
wysigMet ingang 2018 het die munisipaliteit oor 28,922 inwoners beskik. Die stad van Orange is bevolkingsgewys die tweede grootste munispaliteit (commune) van Vaucluse na Avignon, met Carpentras wat oor die derde grootste bevolking beskik.[2]
Historiese bevolking | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Bron: EHESS en INSEE (1968-2017)[3] |
Toeriste aantreklikhede
wysigDie stad is bekend vir sy Romeinse argitektuur. Sy Romeinse teater, die Théâtre antique d'Orange, word beskryf as die indrukwekkendste Romeinse teater in Europa. Die datum van die oprigting van die boog word steeds gedebateer, maar huidige navorsing wat die inskripsie op die boog as afdoende bewyse aanvaar, dui daarop dat die oprigting daarvan tydens die heerskappy van keiser Augustus plaasgevind het. Die boog bevat ook 'n inskripsie wat in 27 n.C. aan keiser Tiberius gewy is, toe dit deur Tiberius opgerig is om die oorwinnings van Germanicus oor die Duitse stamme in die Rynland te vier. Die boog, teater en nabygeleë omgewing is in 1981 deur UNESCO gelys as 'n Wêrelderfenisgebied.
Kultuur
wysigIn 1869 is die Romeinse teater gerestoureer. Dit dien sedertdien as die venue van 'n musiekfees. Die fees, wat in 1902 die naam Chorégies d'Orange gekry het, word sedertdien jaarliks gehou en is nou bekend as 'n internasionale operafees.
In 1971 is die "Nuwe Chorégies" begin en het dit oornag 'n internasionale wegholsukses geword. Verskeie van die bekendste internasionale operasterre het in die teater opgetree, waaronder Barbara Hendricks, Plácido Domingo, Montserrat Caballé, Roberto Alagna, René Pape en Inva Mula. Operas soos Tosca , Aida, Faust en Carmen is al hier opgevoer.
Die Romeinse teater is een van drie erfenisterreine waar die Romeinse muur nog besigtig kan word.
Susterstede
wysigOrange is die susterstad van:[4]
Orange vorm die Unie van Oranje-stede saam met Breda, Diest en Dillenburg.[4]
Klimaat
wysigOranje beskik oor 'n bedompige subtropiese klimaat, met nèt te veel reënval in die somer om 'n mediterreense klimaat-klassifikasie te hê. Somers is warm en relatief droog. Die meeste reënval kom in die lente en herfs voor, hoewel dit gepaardgaan met lae temperature. Winters is nie te straf nie, maar ryp en sneeu is nie ongehoord nie. [5] Op 28 Junie 2019 het die temperatuur 41,0 ° C behaal.
Verwysings
wysig- ↑ "Répertoire national des élus: les maires". data.gouv.fr, Plateforme ouverte des données publiques françaises (in Frans). 2 Desember 2020. Besoek op 12 Desember 2020.
- ↑ Téléchargement du fichier d'ensemble des populations légales en 2018, Institut national de la statistique et des études économiques
- ↑ Population en historique depuis 1968, INSEE
- ↑ 4,0 4,1 "La ville d'Orange est liée au Monde par son histoire". ville-orange.fr (in Frans). Orange. Besoek op 14 Januarie 2021.
- ↑ Climate Summary for Orange, France ad
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Orange (Vaucluse). |
Toerisme-inligting oor (France) Orange (France) op Wikivoyage
- Roman Theatre and Museum official website (in Engels)
- Webwerf van die dorpsraad (in Frans)
- Webwerf van die toerismekantoor