Ornithoglossum gracile
Plantspesie
Ornithoglossum gracile is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Colchicaceae familie. Dit plant is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en kom tussen Vanrhynsdorp, Clanwilliam en Calvinia voor. Die spesie is deel van die fynbos- en Sukkulente Karoo-biome. Daar is tussen tien en vyftien subpopulasies en die plant word bedreig deur sy habitat wat stadig oorgeneem word deur gewasverbouing.
Ornithoglossum gracile | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Liliales |
Familie: | Colchicaceae |
Genus: | Ornithoglossum |
Spesie: | O. gracile
|
Binomiale naam | |
Ornithoglossum gracile B.Nord., (1982)
|