Os (astrologie)
Die Os (牛, niú) is die tweede dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Os word verbind met die Aardse taksimbool 丑.
Dit kan ook as Bees vertaal word; die karakters 牛/丑 verwys na beeste in die algemeen, beide manlik en vroulik.
Beskrywing
wysigVolgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. Die os het tweede gekom, net ná die Rot.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Os is van 01:00 tot 03:00 – die tyd wanneer osse stadig begin herkou.
In Chinese simbologie word Osse beskou as noulettend, versigtig en geduldig, maar ook hardkoppig en preuts.
Jare en die Vyf Elemente
wysigMense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Os gebore, met ook die volgende elementêre teken:[1][2]
Begindatum | Einddatum | Hemelse tak |
---|---|---|
24 Januarie 1925 | 12 Februarie 1926 | Houtos |
11 Februarie 1937 | 30 Januarie 1938 | Vuuros |
29 Januarie 1949 | 16 Februarie 1950 | Aardos |
15 Februarie 1961 | 4 Februarie 1962 | Metaalos |
3 Februarie 1973 | 22 Januarie 1974 | Wateros |
20 Februarie 1985 | 8 Februarie 1986 | Houtos |
7 Februarie 1997 | 27 Januarie 1998 | Vuuros |
26 Januarie 2009 | 13 Februarie 2010 | Aardos |
12 Februarie 2021 | 31 Januarie 2022 | Metaalos |
31 Januarie 2033 | 18 Februarie 2034 | Wateros |
Osse en hul maats
wysigTeken | Beste maats | Gemiddelde maats | Slegte maats |
Os | Os, Slang, Haan | Draak, Aap, Rot, Hond, Tier, Perd, Vark, Konyn | Bok |
Basiese astrologiese elemente
wysigAardse tak van geboortejaar | Chǒu |
Die Vyf Elemente | Aarde |
Jin/jang | Jin |
Maanmaand | 12de |
Gelukkige nommers | 8, 9, 3; vermy: 6 |
Gelukkige blomme | tulp, immergroen, perskebloeisel, roos |
Gelukkige kleure | Blou, rooi, pers; vermy: wit, groen |
Seisoen | Winter |
Naaste Westerse teken | Steenbok |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "When is Chinese New Year?" (in Engels). pinyin.info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op 13 Maart 2018.
- ↑ "Year of the Ox, Cow: Love Compatibility, Horoscope, Personality - Chinese Zodiac Sign" (in Engels). Your Chinese Astrology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2020. Besoek op 13 Maart 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Os (astrologie).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Vorige teken ← Rot (子) |
Os (丑) | Volgende teken Tier (寅) → |