Tier (astrologie)
Die Tier (虎, yín) is die derde dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Tier word verbind met die Aardse taksimbool 寅.
Beskrywing
wysigVolgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het hy gekla dat, hoewel hy goed kan swem, stromings in die water hom rivieraf laat dryf het. Hy kon dus net derde kom.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Tier is van 03:00 tot 05:00 – die tyd wanneer tiere hul prooi jag en hul wreedheid wys.
In Chinese simbologie word Tiere beskou as dapper, wreed, kragtig, statig en vreesaanjaend; dit is die simbool van mag en vorstelikheid.
Jare en die Vyf Elemente
wysigMense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Tier gebore, met ook die volgende elementêre teken:[1][2]
Begindatum | Einddatum | Hemelse tak |
---|---|---|
13 Februarie 1926 | 1 Februarie 1927 | Vuurtier |
31 Januarie 1938 | 18 Februarie 1939 | Aardtier |
17 Februarie 1950 | 5 Februarie 1951 | Metaaltier |
5 Februarie 1962 | 24 Januarie 1963 | Watertier |
23 Januarie 1974 | 10 Februarie 1975 | Houttier |
9 Februarie 1986 | 28 Januarie 1987 | Vuurtier |
28 Januarie 1998 | 15 Februarie 1999 | Aardtier |
14 Februarie 2010 | 2 Februarie 2011 | Metaaltier |
1 Februarie 2022 | 21 Januarie 2023 | Watertier |
19 Februarie 2034 | 7 Februarie 2035 | Houttier |
Tiere en hul maats
wysigTeken | Beste maats | Gemiddelde maats | Slegte maats |
Tier | Tier, Hond, Perd | Vark, Konyn, Bok, Slang, Haan, Os, Draak, Rot | Aap |
Basiese astrologiese elemente
wysigAardse tak van geboortejaar | Jin |
Die Vyf Elemente | Hout |
Jin/jang | Jang |
Maanmaand | 1ste |
Gelukkige nommers | 1, 3, 4; vermy: 6, 7, 8 |
Gelukkige blomme | Cineraria |
Gelukkige kleure | grys, wit, blou, pers, oranje; vermy: goud, silwer, bruin, swart |
Seisoen | Lente |
Naaste Westerse teken | Waterdraer |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "When is Chinese New Year?" (in Engels). pinyin.info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op 13 Maart 2018.
- ↑ "Chinese Zodiac - Tiger" (in Engels). Your Chinese Astrology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2020. Besoek op 13 Maart 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tier (astrologie).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Vorige teken ← Os (丑) |
Tier (寅) | Volgende teken Konyn (卯) → |