Konyn (astrologie)
Die Konyn (兔, mǎo) is die vierde dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Konyn word verbind met die Aardse taksimbool 卯.
Beskrywing
wysigVolgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Konyn van klip tot klip oor die rivier gespring. Halfpad het hy in die water geval, maar daarin geslaag om aan ’n stomp vas te klou wat hom later na die oorkantse oewer laat dryf het.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Konyn is van 05:00 tot 07:00 – die tyd wanneer die Maanhaas kruiemedisyne fynmaal op die Maan.
In Chinese simbologie word Konyne beskou as sag en liefdevol. Hulle is nie aggressief nie, maar toeganklik. Hul optrede is ordentlik, adellik en elegant.
Jare en die Vyf Elemente
wysigMense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Konyn gebore, met ook die volgende elementêre teken:[1][2]
Begindatum | Einddatum | Hemelse tak |
---|---|---|
2 Februarie 1927 | 22 Januarie 1928 | Vuurkonyn |
19 Februarie 1939 | 7 Februarie 1940 | Aardkonyn |
6 Februarie 1951 | 26 Januarie 1952 | Metaalkonyn |
25 Januarie 1963 | 12 Februarie 1964 | Waterkonyn |
11 Februarie 1975 | 30 Januarie 1976 | Houtkonyn |
29 Januarie 1987 | 16 Februarie 1988 | Vuurkonyn |
16 Februarie 1999 | 4 Februarie 2000 | Aardkonyn |
3 Februarie 2011 | 22 Januarie 2012 | Metaalkonyn |
22 Januarie 2023 | 9 Februarie 2024 | Waterkonyn |
8 Februarie 2035 | 27 Januarie 2036 | Houtkonyn |
Konyne en hul maats
wysigTeken | Beste maats | Gemiddelde maats | Slegte maats |
Konyn | Konyn, Vark, Bok | Hond, Tier, Perd, Draak, Aap, Rot, Slang, Os | Haan |
Basiese astrologiese elemente
wysigAardse tak van geboortejaar | Boom |
Die Vyf Elemente | Hout |
Jin/jang | Jin |
Maanmaand | 2de |
Gelukkige nommers | 3, 6, 9; vermy: 1, 7, 8 |
Gelukkige blomme | Plantago, lelie, fittonia, leeubekkie |
Gelukkige kleure | Swart, pienk, pers, blou, rooi; vermy: bruin, geel, wit |
Seisoen | Lente |
Naaste Westerse teken | Visse |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "When is Chinese New Year?" (in Engels). pinyin.info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op 13 Maart 2018.
- ↑ "Chinese Zodiac - Rabbit (Hare)" (in Engels). Your Chinese Astrology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2020. Besoek op 13 Maart 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Konyn (astrologie).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Vorige teken ← Tier (寅) |
Konyn (卯) | Volgende teken Draak (辰) → |