Ostariophysi
Ostariophysi is die tweede grootste superode van straalvinnige visse. Hierdie diverse groep bevat amper 8 000 spesies, omtrent 28% van die bekende visspesies en 68% van varswatervisse ter wêreld. Hulle kom op al die kontinente voor, met die uitsondering van Antarktika. Hulle het verskeie gemeenskaplike kenmerke, onder andere beskik almal oor 'n orgaan van Weber.[1] Van die spesies in die groep is belangrik vir mense vir kos, sport, die akwarium-industrie en navorsing.
Ostariophysi | |
---|---|
Melkvis (Chanos chanos) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | Ostariophysi
|
Ordes | |
Gonorynchiformes |
Taksonomie
wysigDie superorde word as volg geklassifiseer:
- Reeks Anotophysi
- Gonorynchiformes, omtrent 37 spesies
- Reeks Otophysi (Euostariophysi)
- Cypriniformes, omtrent 3 268 spesies
- Characiformes, ten minste 1 674 spesies
- Siluriformes (babers), omtrent 1 727 spesies
- Gymnotiformes, ten minste 173 spesies (word soms saam met Siluriformes gegroepeer)
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Nelson, Joseph, S. (2006). Fishes of the World. John Wiley & Sons, Inc. ISBN 0-471-25031-7.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)