Melkvis
Die Melkvis (Chanos chanos) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by Swartvlei. In Engels staan die vis bekend as die Milkfish.
Melkvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Chanos Lacépède, 1803
|
Spesie: | C. chanos
|
Binomiale naam | |
Chanos chanos (Forsskål, 1775)
|
Voorkoms
wysigDie kop en lyf is silwerig groen aan die bokant en wit aan die onderkant en die stertvin is gevurk. Die vis word 1.8 m lank.
Habitat
wysigDie vis verkies sagte bodems om in te leef en is volop in strandmere in KwaZulu-Natal. Die vis skiet kuit gedurende die nag in die somer.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7