Oxalis meisneri
Plantspesie
Oxalis meisneri is 'n knolagtige geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Tulbagh tot by Robertson voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1921 km² en daar is tans vyf subpopulasies bekend. Daar word vermoed dat daar meer kan wees omrede die omgewing nie ten volle ondersoek is nie. Die spesie word bedreig deur indringerplante en gewasverbouning.
Oxalis meisneri | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Oxalidales |
Familie: | Oxalidaceae |
Genus: | Oxalis |
Spesie: | O. meisneri
|
Binomiale naam | |
Oxalis meisneri Sond., (1860)
| |
Sinonieme | |
|