Oxalis pallens
Plantspesie
Oxalis pallens is 'n knolagtige geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Clanwilliam tot by Malmesbury voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 891 km² en is deel van die fynbos. Daar is minder as vyf subpopulasies oor nadat die spesie van sy habitat afgestaan het aan gewasverbouing. Bedreigings deur nog landbou aktiwiteite en indringerplante bestaan steeds.
Oxalis pallens | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Oxalidales |
Familie: | Oxalidaceae |
Genus: | Oxalis |
Spesie: | O. pallens
|
Binomiale naam | |
Oxalis pallens | |
Sinonieme | |
|