Oxalis perineson
Oxalis perineson is 'n knolagtige geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Moorreesburg voor. Spesies was tussen 1932 en 1935 versamel maar sedertdien is die plant se habitat oorgeneem vir koring verbouing. Soektogte tussen 2000 en 2011 het niks opgelewer nie en die plant word as uitgestorwe beskou.
Oxalis perineson | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Oxalidales |
Familie: | Oxalidaceae |
Genus: | Oxalis |
Spesie: | O. perineson
|
Binomiale naam | |
Oxalis perineson T.M.Salter & Exell, (1930)
|