Perde-uintjie
plantspesie
Die perde-uintjie[1] (Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl.) is 'n geofiet wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom in die Wes-Kaap voor.[2]
Perde-uintjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. tripetala
|
Binomiale naam | |
Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl., (1803)
|
Beskrywing
wysigHierdie plant is slank en 10 – 50 cm hoog met een of meer vertakkings. Dit het enkelvoudige blare wat uit die bodem groei. Die blomme het drie opvallende buitenste blomblare. Die ander blomblare is sterk in grootte verminder. Die blomme is reukloos en word deur bye besoek.[3]
Subspesies
wysigSANBI onderskei tussen drie subspesies:
- Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl. subsp. tripetala
- Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl. subsp. jacquiniana (Schltr. ex G.J.Lewis) Goldblatt & J.C.Manning
- Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl. subsp. violacea Goldblatt & J.C.Manning
Die laaste subspesie kom op kleigrond in die renosterveld van Ceres tot Worcester en Barrydale voor en is 'amper bedreigd' (NT).[4] Die ander twee subspesies is as 'veilig' (LC) gelys.
Fotogalery
wysigVerwysings
wysig- ↑ ook: bloutulp, dwergtulp, kleinuintjie
- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2015.
- ↑ "PlantZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2015.
- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2015.