Perdekop
Perdekop is 'n nedersetting geleë digby 'n 1 889 m hoë koppie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorpie is 47 km suidoos van Standerton.
Perdekop | |
---|---|
Koördinate: 27°9′53″S 29°37′29″O / 27.16472°S 29.62472°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Gert Sibande |
Munisipaliteit | Pixley ka Seme |
Oppervlak | |
• Totaal | 7,73 km2 (2,98 vk. myl) |
Hoogte | 1 739 m (5 705 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 081 |
• Digtheid | 657/km2 (1 700/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.4% |
• Indiërs/Asiërs | 1.7% |
• Bruin mense | 0.3% |
• Swart mense | 97.4% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 82.3% |
• Suid-Sotho | 9.9% |
• Engels | 1.7% |
• Ndebele | 1.5% |
• Ander | 4.6% |
Poskode (strate) | 2465 |
Poskode (posbusse) | 2465 |
Skakelkode | 017 |
Geskiedenis
wysigDit is gevestig tydens die perdesiekte-epidemie toe boere gevind het dat perde wat na die bokant van die koppie gebring is teen die siekte beskerm is. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte 'n uitkykballon van die plek af bedryf om die Boere se aktiwiteite te monitor.
Genl. Constand Viljoen, stigter van die Vryheidsfront en eertydse hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag was hier op laerskool.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Perdekop". Sensus 2011.