Pofadder-skaamooghaai
Die pofadder-skaamooghaai (Haploblepharus edwardsii) is endemies aan Suid-Afrika en kom voor van Saldanhabaai tot by Stormsrivier. Die haai word 60 cm lank en die twee dorsale vinne is ewe groot. Die haai is grysbruin met groterige oranjebruin kolle op. Die hele lyf is bedek met wit kolletjies. Die haai is ovipaar en lê 2 eiers op 'n keer. In Engels staan die haai bekend as Puffadder shyshark.
Pofadder-skaamooghaai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Chondrichthyes |
Orde: | Carcharhiniformes |
Familie: | Scyliorhinidae |
Genus: | Haploblepharus |
Spesie: | H. edwardsii
|
Binomiale naam | |
Haploblepharus edwardsii (Schinz, 1822)
| |
Verspreiding | |
Sinonieme | |
Scyllium edwardsii Schinz, 1822 |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Human, B. (2008). "Haploblepharus edwardsii". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2010.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 3 Mei 2010.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Bron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7