Scyliorhinidae
Die Kathaaie (Scyliorhinidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Carcharhiniformes. Daar is sewentien genera met meer as 100 spesies wat hoort tot dié familie, sestien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor waarvan elf endemies is.
Scyliorhinidae | |
---|---|
'n Kleingevlekte kathaai (Scyliorhinus canicula) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | Scyliorhinidae T. N. Gill, 1862
|
Genera | |
Sien teks. |
Kenmerke
wysigDie familie het twee dorsale vinne en die onderste lob van die stertvin is baie klein en het vyf kieue splete. Die meeste spesies is ovipaar en die grootte wissel van 30 cm tot 1.6 m. Hulle word gewoonlik op of naby die bodem gevind tot op dieptes van 2 000 m. Die haaie is redelik klein en nie baie vinnig nie. Hulle vermy warmer waters.
Genera
wysigDie volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Halaelurus
- Halaelurus lineatus - Band-kathaai
- Halaelurus natalensis -Tierkathaai
- Haploblepharus
- Haploblepharus edwardsii - Pofadder-skaamooghaai
- Haploblepharus pictus - Donkerskaamooghaai
- Poroderma africanum - Streephaai
- Poroderma pantherinum - Luiperd-kathaai
Sien ook
wysigBron
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Scyliorhinidae. |
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7