Portaal:Sterrekunde/Weet
- Die Andromeda-sterrestelsel beweeg teen sowat 100 tot 140 km/s (400 ligjare elke miljoen jaar) in ons rigting en gaan oor 4,5 miljard jaar met die Melkweg bots.
- Die sterrebeeld Tafel (Latyn: Mensa) is na Tafelberg in Kaapstad genoem. Die Franse sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille het dit vanaf sy uitkykpunt op die berg ontdek. Hy het dit aanvanklik Mons Mensae (Tafelberg) genoem, maar dit is later verkort.
- Stephenson 2-18 is ’n rooisuperreusester en die grootste ster bekend. Sy radius is sowat 2 150 keer dié van die Son.
- ’n Teelepel neutronster sal sowat 10 miljard ton weeg.
- Die Son en die hele Sonnestelsel wentel om die middel van die Melkweg.
- William Herschel se teleskoop van 12 meter was 50 jaar lank die grootste teleskoop in die wêreld.