Pterygodium vermiferum
Plantspesie
Pterygodium vermiferum is 'n meerjarige plant en geofiet wat hoort tot die genus Pterygodium. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Die Kelders tot by Stanford voor waar dit deel van die fynbos en strandveld is. Die plant het 'n voorkomsgebied van 12 km² en daar is vier subpopulasies. Een subpopulasie is veilig in 'n reservaat maar die ander drie word bedreig deur padkonstruksie, ontwikkeling en indringerplante.
Pterygodium vermiferum | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Orchidaceae |
Subfamilie: | Orchidoideae |
Genus: | Pterygodium |
Spesie: | P. vermiferum
|
Binomiale naam | |
Pterygodium vermiferum E.G.H.Oliv. & Liltved, (2008)
|